Ricus Nel se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak.

Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ’n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het Ricus Nel in 22 jaar in die Musiek industri diep in Suid-Afrikaners se harte geklim. Met meer as 150 Miljoen strome op alle digitale platvorms en volksbesit treffers soos  Boerepompie, Ploeg Jy, Bokkies jag en natuurlik Hardekole wat op meer as 20 Miljoen kyke staan op Youtube, die mees gekykste Afrikaanse musiek video van alle tye staan Ricus vir geen uitdaging terug as dit kom by musiek nie

Audio Streans
47.7M
Track Downloads
33.6k
Video Views
130.5m
Album Downloads
3.8k
Short-Form Video Views
21.9m
Followers
244.2k

Albums

Ouskool Boerseun (2016)
Sing Don Williams (2014)
Sak En Pak (2011)
10 + 10 (2016)
Sout Van Die Aarde (2013)
Konsertina Buddies (2007)

Kalibreer jou geweer en kry die nuutste van Ricus Nel in jou visier

Meer oor Ricus

Van 4-jarige musikale laaitie tot huishoudelikenaam

Ricus Nel se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ‘n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het dié sanger sommer gou by duisende musiekliefhebbers laat aanklank vind.

Hoewel Ricus, voordat hy voltyds tot die musiekbedryf toegetree het, by ‘n platinummyn, ‘n tabak koöperasie en ‘n musiekwinkel gewerk het, was musiek dit wat die sterkste deur sy are gepols het. Hy het reeds op 4-jarige ouderdom sy eerste instrument, dromme, begin bespeel – iets wat uiteindelik een van dertien instrumente sou word wat hy bemeester het.

Hy het later aangesluit by sy pa-hulle se boereorkes waar hy gedurende sy laerskool- en hoërskoolloopbaan verder kon skaaf aan sy instrumentale-, sowel as sy vokale vernuf. Hy onthou met ‘n glimlag dié “Lekker ou Jan”-tye as van die beste in sy lewe.

Nadat hy in 1998 matrikuleer het, het Ricus soos vele ander musikante in kroeë gespeel totdat hy uiteindelik in 2003 sy voet formeel in die deur van die musiekbedryf gekry het as lid van Dozi se orkes by Hartebeespoortdam.

Hierna het hy sy talente geleen aan ‘n hele rits groot name se opvoerings, DVD-produksies en TV-reekse, wat Theuns Jordaan en Juanita du Plessis se duet-DVD, Bok van Blerk se orkes, KKNK, Skouspel, Innibos, ‘Dis hoe dit is met Steve’ en ‘Jukebox’ met Kurt Darren insluit. Hy het ook in Londen opgetree tydens die ou UKasie-fees en ook gehore in Australië, Kanada en die VSA bekoor met sy talent.

Ricus het sy eerste solo-album, ‘Sak en pak’, in 2011 vrygestel. Dit is met oorweldigende ondersteuning deur Suid-Afrikaanse gehore ontvang en het later goue status bereik. Dit is gevolg deur die vrystelling van ‘Sout van die aarde’ in 2013 en ‘Ricus Nel sing Don Williams en ander country legendes’ in 2014 – ‘n album wat ook binne net ‘n paar maande die goue-kerf verbygesteek het.

Oorspronklike treffers soos ‘Sak en pak’, ‘Spyt kom te laat’, ‘Windgat, my honne’ en ‘Nogsteeds so lief vir haar’, sowel as Ricus se vertolkings van ‘I recall a gypsy woman’, ‘Some broken hearts never mend’, ‘You’re my best friend’ en ‘Lay down beside me’ het landswyd opslae op radio-ranglyse gemaak.

Een van die groot hoogtepunte van sy loopbaan tot dusver was om die wêreldbekende Air Supply – die Australiaanse duo wat in die 80’s bekendheid verwerf het met treffers soos ‘All Out of Love’, ‘Every Woman in the World’, ‘Lost in Love’ en ‘Making Love (Out of Nothing At All)’- in 2014 by die Grand West Arena in Kaapstad in te lei tydens hul wêreldtoer.

Maak kontak

Annarie: 072 214 4950
Hamilton: 071 482 2533

Besprekings - Vocal Events

Mon-Fri 9am-6pm

ricus nel, afrikaans musiek, south african artist, boere pompie

Made by Go Cloud ❤